Daar is ‘n paar nuwighede
op Vers-krit wat jou ervaring hopelik aangenamer sal maak.
1. Klank. Jy kan nou na gedigte luister hier. Jy kan ook jou eie gedig in klank plaas. Kyk na my verduideliking verder ondertoe (11 Julie geplaas).
2. Kort kommentaar. As jy klik op “comments” sal jy links onder ‘n geel sterretjie sien met die woord “Like” daarby. As jy daarop klik, verskyn jou ikoon by die kommentare. Dis ‘n lekker lui manier om aan te dui dat jy hou van ‘n gedig. (Haai, dit tel nie as “kritiek” nie, hoor!)
3. Twitter. Kyk heel onder in die paneel regs. Daar sien jy “Poetry en poësie”. Onder dit is daar ‘n paar tweets. As jy daarop klik, word jy gevat na my blog waar die betrokke gedig verskyn.
Geniet die nuwighede!

LOGIN
TUIS * HOME



Recent Comments