wolkop paradoks
dis paradoks op grootse skaal
die hunker na my seun my bloed
my groot beloning vir ‘n afgesloofde lewe
die opbou van verwagting, uitasem wag
vir daardie skewekop klop
wat my hart so goed al ken
die min gesels om woorde
tussen ons onnodig en
nooit gedagtes presies afbaken nie
die min gesels omdat ons al
die pouses meer waardeer
omdat dit vir my lekker is
om my net in sy stiltes te kokon
soos in warm fluweel
en dan’s dit oor en hy is tydelik hier
en tydelik terug en die leemte sak
soos mis oor Tafelberg my hele wese toe
hoe is dit ooit die moeite werd
en tog hoe durf ek dit nog vra
hoe durf ek my ooit wegdraai
van daai klein oomblikkies geluk
al weet mens uit die staanspoor uit
dit gaan tog maar weer ent kry
kort voor lank om my te los
in skaduwee van behepte selfverdriet.
LOGIN
TUIS * HOME



ek sê dankie vir ‘n pragtige gedig ….laat my dink aan my verhouding met my pa …. wat altyd daar is om my te vang al maak ek baie droog of val ek hoe ver.
ek hou van die kokon gedagte ….gee mens hoop en agwagting vir ‘n Skoenlapper en iets mooi wat gaan gebeur
By: luiperd on August 17, 2011
at 16:37
Veral hierdie is vir my besonders :
”..vir daardie skewekop klop
wat my hart so goed al ken..”
”..om my net in sy stiltes te kokon..”
- …’n Uitesonderlike band tussen vader en seun wat hier verweef word, daardie ”stille verstaan”, die tasbare afwesigheidsgevoel wat ervaar word, die eiening van bloed en identifisering as”geesgenoot”….Die beeld-omskrywings so treffend dat die gevoel van melancholie effektief aan die leser oorgedra word…Ek hou hiervan.
groete
ammiemoon
By: ammiemoon on July 13, 2011
at 13:07
Ammiemoon, dankie. Aanvanklik was die eintlik so half ‘n weggooivers. Ek is vreeslik skugter wat betref die uitbeeld van sulke persoonlike emosie. Dit was in werkliheid eintlik ‘n brief aan my seun voor hy by my kom woon het. wetende dat hy dit 10 teen een nie sou verstaan nie, aangesien sy Afrikaans maar swak is. Dit het egter weer onlangs begin resoneer by my, ironies genoeg omdat ons hom in ‘n rehab moes plaas. Nou voel al die teerheid en rouheid net meer pertinent, en weerklink die versie dikwels in my ou grys kop.
Jou insigte in my aanwending van woorde is vir my nogal interessant. Nice, onakademies, tog met begrip van die meer intellektuele aspekte. Ek dank jou weer.
By: Robin Hawkins on July 13, 2011
at 14:49
Klink voel vir my soos n pa wat sy lewe en verwagtinge deel met syseun
en hom wil beskerm, daarom die verwysing na die wolkombers
(toevou)
By: wimpie on July 11, 2011
at 08:57
Dankie De Waal. DIe nie ‘n nuwe vers nie, maar een wat ek uitgekrap het en wat tans weer pertinent geword het. EK neem aan dit gaan met jou goed?
By: Robin Hawkins on June 27, 2011
at 11:47
Hallo Robin.
Die gedig tref mens as ‘n innig ervaarde situasie. Die vader en seun verhouding uit die oogpunt van die vader word goed beskryf.
Beelde soos “mis oor Tafelberg” en “skewekop klop” gee die gedig lewe en help die leser om insig in die verteller se gemoedstoestand te kry.
By: De Waal on June 27, 2011
at 11:41