Posted by: De Waal | February 18, 2010

In werklikheid

In werklikheid is alles wit

vir Bié

Soek-soek deur die lang gras
saam met boetie,
withaar dogtertjie
met ogies wat die wêreld oopkyk,
verby ma en pa
verby die plek waar oupa vandaan kom
tot waar alles wit word,
waar dit lê en wag
in jou klein vuis
om oopgemaak
en werklikheid te word.

Advertisements

Responses

  1. Kritiek op die gedig

    Die gedig beskryf waarskynlik ‘n foto van ‘n klein dogtertjie wat saam met haar boetie in lang gras afgeneem is. Die Spreker in die gedig lees ‘n soort alwetedheid in die dogtertjie se oë. Sy “kyk die wêreld oop” terug die verlede in, verby haar ouers en haar voorouers tot by die begin van alles “waar alles wit word”.

    Die dogtertjie word metafoor van die “rassegeheue” van die mens wat voeling het met al die voorgeslagte en die wortels van die mens se bestaan. Dit is opvallend dat hierdie diepsinnige eienskap gekoppel word aan ‘n klein dogtertjie en nie soos mens sou verwag, aan ‘n wyse ou mens nie.

    Die gedig stel in eenvoudige, maar helder woorde ‘n groot waarheid – die feit dat alle mense hulle gemeenskaplike oorsprong en sy gemeen het.

    Die ritme van die gedig is plek-plek effens hakering en die digter behoort te kyk na die funksionalitiet van sommige reëllengtes. ‘n gemakliker ritme sal die gedig leesbaarder e ook moontlik verstaanbarder maak.

    Hermann


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: