Posted by: De Waal | February 20, 2010

Op uitnodiging

Ons het besluit om nog ‘n digter uit te  nooi om sy werk hier aan te bied. Ernst Hofmeyer het nog baie min bekendheid verwerf vir sy werk en ons meen dat hy hier ‘n goeie wegspringplek kan kry.


Ernst Hofmeyer

1982 –

Ernst het na ‘n tegniese opleiding in Pretoria by Transnet begin werk as ‘n leerling elektrisiën. Later het hy geïnteresseerd geraak in programmering en het homself verder bekwaam in rekenaarkunde. Sy vaardigheid en talent op hierdie gebied het so toegeneem dat hy ongeveer vyf jaar gelede sy eie konsultasie firma gestig het en tans baie goeie sake doen.

Ernst het drie jaar gelede ‘n baie troumatiese verbreking van ‘n persoonlike verhouding ervaar en ‘n lang staptog deur die land onderneem. Tydens die staptog het hy gereeld klassieke haikoe gelees en ontdek dat hy aangetrokke voel tot hierdie digvorm.

Hy het self begin skryf en beskik tans oor ‘n indrukwekkende versameling van haikoe.

Klassieke model

Ernst skyf nie streng volgens die klassieke model nie.

Die klassieke model vereis dat die gedig op ‘n natuurgebeurtenis gebaseer moet wees, en gewoonlik ‘n aanduiding van ‘n seisoen bevat. Die eerste twee reëls van die gedig beskryf gewoonlik ‘n gebeurtenis of toneel. Die derde reël is ‘n verdieping of toepassing daarvan.

Die drie reëls word in 5 – 7 – 5 “on” geskryf. ‘n “On” is ‘n Japanse klankeenheid, vergelykbaar met, maar nie identies nie, aan ‘n Westerse lettergreep.

Ernst se reëls is gewoonlik korter as die 5 – 7 – 5 model. Sy ideaal is om in die kortste moontlike bestek iets betekenisvol te sê.




Haikoe

Byl kap skerp in bas,

vreet deur jaarringe;

die boom gaan lê.

*

Die bul bulk die koei

stil tussen sy knieë,

gee ‘n sakvol van homself.

*

Hoëveld reënstorm,

die nag flikker;

môre is twyfel verby.

Advertisements

Responses

  1. Dis natuurlk wat die meeste mans dink hulle kan doen, Druk hulle vas tot hulle kan doen met hulle wat hulle wil. In your dreams, boykie! Dis wishful thinking.

    Hierrdie poemkies is ook baie kort. Seker maklik om te skryf. Hoekom gee jy hulle nie ‘n title nie. Wat is haikoe?

  2. Laat mens terugsit en dink. En weer lees.

  3. Treffende haikoes, veral die laaste twee.

  4. Wonderfully evocotive, I can almost smell that chopped wood.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: