Posted by: De Waal | February 20, 2010

Uitgenooide digter

Hierdie forum is pas geloods en daar is nog min digters wat hulle werk hier aanbied. Ons het besluit om ‘n paar  digters te nooi om hulle werk aan te bied sonder dat hulle eers twee kritieke hoef te skryf. Hier is dus Buys Buys se gedig Bal jou woorde.

Buys in sy rol as Hamlet

Buys Buys

1951 –

Buys se oupas van moederskant en vaderskant was albei ‘n Buys. Hy is dus gedoop met die van as voornaam.

Buys is verbonde aan die Universiteit van Kaapstad waar hy betrokke is by ‘n navorsingsprojek in neurologie. Hy is gelukkig getroud en het twee kleinkinders.

Sy stokperdjies is skilder en toneelspeel. Hy is lief vir bergklim en versamel boeke en tydskrifte uit die Eerste en Tweede Taalbeweging.

Buys se skryflus is gewek deur kontak met onder andere DJ Opperman in sy studentejare.

Sluit gerus aan en begin kritieke skryf sodat jy ook jou werk kan aanbied en kommentaar ontvang van jou portuur digters. Die aansluitingsproses begin hier in die paneel regs van jou.

Bal jou woorde

– deur Buys Buys

Daar is ietwat
mens met woorde kan doen –

hulle laat bons soos balle
deur die tuin,
gejaag, vasgebyt
en teruggebring
om weer weg te skiet,
te beland in die kompos;
teruggebring te word,
nou weer effens anders.
effens vervorm
omring met nuwe reuke.

Gooi die bal,
bring dit baldadig terug,
wees Balder,
maak ‘n nuwe wêreld.

Advertisements

Responses

  1. Die vers werk vir my beter as die “oulip” ene. EK merk weer die woordspel, wat lyk my kenmerkend is. Tog voel die laaste “spel” met “Balder”, waarna De Waal verwys, ietwat gekunsteld. Maar beter.

  2. Daar is ook die woordspeling met “baldadig” – uitbundig en opgewek. En dan eggo dit ook vir “Balder”.

  3. Ek hou van die woordspeling, dit voel asof die beweging van die bal die woorde maklik laat vleoi. Dis baie treffend verwoord.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: