Posted by: Buys | March 11, 2010

Die stem van ‘n vrou

Die stem van ‘n vrou

deur Buys Buys


Die reënvoël vertel

van die dinge wat sy dink

as sy ‘n kleinkind se hand in hare hou;

die duif het iets te sê

van wat weggesteek

in haar hart lê;

die houtkapper tril aanhoudend

oor hoe sy werk, nooit ophou werk;

saans vertel die tarentale

reikhalsend vir mekaar

hoe sy verlang na die veld se geduld,

die berg wat die watertjie

moederlik aflei ondertoe.

Helderfluitend, met die stem

van rooikop-houtkapper

vul sy naatloos

die lewe van haar maat.

Advertisements

Responses

  1. ”…vul sy naatloos die lewe van haar maat…”

    – Ek dink hierdie is so ‘n teer en gevoelvolle beskrywing van ‘n vrou se essensie. Dit is ‘n besonderse beeld wat die gedagtes vasvang.

    – Sou graag wou sien dat die verskillende voëls met hul unieke karaktereienskappe en die wese van ‘n vrou meer visueel verweef word, maar dis slegs my opinie.

    Almarie

  2. “Agter elke man” is daar waarskynlik baie voëls, en agter ‘n houtkapper is daar derduisende.

    In my volgende lewe, wil ek graag ‘n aantreklikke wees.

    Dankie vir die pos, dit het my ‘n biekie skaam laat voel om man te wees.

    fuzzytoo

  3. Hierdie poem gebrtuik mooi woorde om die pooet se male chauvinism weg te steek. Die vrou hou nooit op om te werk nie. Typical! En su “vul” haar hubby se lewe. Sy doen seker niks anders as om vir hom syu slippers te bring en sy dinner te maak nie.

    Ek dink dis bad as ‘n pem maak of hy mooi goed sê en in reality kyk dit af op vrouens.

  4. Mens kan sê die lewe van die vrou word vertolk deur die voëlgeluide.

    As mens krities wil wees, kan jy sê dat die verskillende voëls niks kan sê van ‘n vrou se lewe nie. Maar in hierdie liriese gedig is dit waarskynlik aanvaarbaar dat die leser aanvaar dat die voëls kommentaar kan lewer – “suspension of disbelief” soos TS Eliot sê.

    Sommige lesers kan die gedig ook miskien uitermate liries vind – grensend aan die sentimentele.

  5. Watter inspireende gedig. Die vrou wat altyd weet wat agter haar rug aangaan en die voeltjie wat haar van die geheime vertel. Die vrou wat altyd besig is soos ‘n houtkapper en net weet waar om te pik en te los. Pragtig uiteengesit.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: