Posted by: Buys | March 28, 2010

‘n Vrou se liefde, ‘n man se liefde

‘n Vrou se liefde, ‘n man se liefde


Die wind druk haar

in die huis vas,

skaduwees jaag bergaf.

Die nukkerige rooi

van die malva blom

speel in met die skemering

in die breë vensterbank.

Sy sit en luister

hoe die wind beur

aan die buitededeur,

haar ken in haar hand.

Haar oë fokus deur die  mure

deur die dak.

As sy oopmaak

sal haar rok oopvlerk,

sy sal hoog swenk

oor die baai,

die berg van bo bekyk

en hom sien klim teen die kranse,

sy hande swetend op die klip

met die greep van ‘n minnaar.

Die skerp tuimel ondertoe

is ewe moontlik

as om bo uit te kom.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: