Posted by: De Waal | May 11, 2010

Nota

Dit is eintlik onmoontlik om die musikaliteit en presiese ritme van Verlaine se pragtige Frans in Afrikaans weer te gee. Hier het ek probeer om van die klankgehalte van die Franse gedig na vore te laat kom, maar terselfdertyd dit ‘n Afrikaanse gedig te maak wat getrou is aan die taal waarin dit geskryf is.

De Waal Venter

Chanson d’Automne from Paul Verlaine’s Poèmes saturniens (1867)

Les saglots longs
Des violons
De l’automne
Blessent mon coeur
D’une langueur
Monotone.


Tout suffocant
Et blême, quand
Sonne l’heure,
Je me souviens
Des jours anciens
Et je pleure;


Et je m’en vais
Au vent mauvais
Qui m’emporte
Deçà, delà,
Pareil à la
Feuille morte.


Lied van die herfs

Die lang sugte
van viole
van die herfs
verwond my hart
met ‘n vae
eentonige
smart.

Asemloos
en bleek
in die nag se diepte
dink ek terug
en my trane kom.

En ‘n bose wind
het my gevind,
waai my
hiernatoe en daarnatoe;
‘n dooie blaar.

– De Waal Venter


Advertisements

Responses

  1. Hi De Waal,
    Dis so lekker om weer aan jou woordmusiek blootgestel te word. Ek is mal oor die vertaling. Hierdie is ‘n woordskildery en ek dink jy het sy atmosfeer pragtig en seer raakgevat.
    Ek geniet dit ook om my hand aan vertalings te waag; meer spesifiek uit Duits.
    Peter

    • Hallo Peter

      Dankie vir jou kommentaar. Ons sal graag van jou werk wil sien. Hierdie forum werk so: jy registreer en nadat jy kommentaar op twee ander gedigte gelewer het, kan jy jou eie werk plaas. Dit sal heerlik wees om jou hier te verwelkom. 🙂

  2. Hallo Chris

    Ek’s bly jy hou van die vertaling. Ek vind dat vertaling van gedigte uit ander tale my stimuleer en groter insig in my werk en werkswyse gee.

  3. Hallo de Waal,

    My Frans is nie baie good nie, so Ek kan nie kommetaar lewer oor die vertaaling nie, maar Ek hou baie van die gedig. Soms voel ek presies soos daai blaar.

    Dankie vir die pos.

    Groete,

    Chris


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: