Posted by: Buys | May 11, 2010

Vlug

Vlug na môre

Gister is vernietig;

ons dra nou maar

die oorblyfsels uit die puin,

soort by soort bymekaar

om te sien wat daar te redde is.

Wat het verkeerd geloop?

Menslike fout of iets inherents in tyd,

wonder jy.

Maar gister bestaan nou nie meer nie.

Hoe kan dit so ‘n kort rukkie wees?

Toe ek my voet gesny het

op ‘n glasstuk

in die spoelende reënwater

in die straat.

En sy het gesê

sy sal my nooi wees,

dankie vir die toffie.

Gister is verstrooi

oor die vlakte,

maar ek het darem

‘n paar besittings teruggekry.

Ek is bly

want vandag se vlug vertrek alweer.

.

Advertisements

Responses

  1. Dankie vir jou opmerkings, Almarie. Ek glo dat ‘n gedig altyd sterk moet eindig en as hierdie een dit regkry, volgens jou. Is ek baie bly.

    Baie welkom hier by ons in Vers-krit. Ek hoop jy gaan baie baat vind en die soort kritiek kry wat jou kan help om jou gedigte te verbeter.

  2. ”…dankie vir die toffie.

    Gister is verstrooi

    oor die vlakte,

    maar ek het darem

    ‘n paar besittings teruggekry.

    Ek is bly

    want vandag se vlug vertrek alweer…”

    – Buys, ek hou veral van hierdie laaste paar reëls… Dui op aanvaarding en ”aanbeweeg”
    – Skeiding is nooit maklik nie (soos wat jou vers weerspieël), maar tyd bring genesing.

    Almarie

  3. Dankie Chris.

    Een ding is vir seker. Die lewe gaan aan, maak nie saak wat met jou of my gebeur nie.

    Dankie dat jy gelees het.

  4. Hello Buys,

    Dit is seker goed oor die algemeen, dat die meeste van ons klou nie te styf vas aan die verlede nie, as dit by liefde’s sake kom, of anders sou ons vir ewig alleen bly.

    Ek het die gedig geniet, veral die positiewe laaste lyn.

    Groete,

    Chris


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: