Posted by: Buys | June 12, 2010

Gesprek met ‘n landskap

Onontdekte terrein

‘n Dag om ‘n vriendskap
aan te knoop
met daardie watertoring
op die horison
waar ek eendag nog wil uitkom.

Wat is daar?
Miskien ‘n paar bolletjies
haasmis, en ‘n wolletjie
aan ‘n doringtakkie.
Dalk ‘n Coke blik
so geroes,
jy kan jou vinger
dwarsdeur druk.

Sal daardie plek
my vriendskap aanvaar?
Wat het ek om te bied,
behalwe my gedagtes
in die nag
wanneer ek onverklaarbaar
wakker word.

Eendag gaan ek vasstel.

Advertisements

Responses

  1. Hello Buys,

    Ek hou baie van die manier hoe jy ‘n mikrokosmiese beeld saam met ‘n abstrakte saam weef. die spesifieke besonderhede van die geroeste Coke blik, wat dwasdeur met in finger gedruk is, gee baie egtheid aan hierdie gedig.

    Die enigste verbetering wat ek miskien kan aanbeveel, is om “wanneer ek onverklaarbaar wakker word” van die laaste vers, uit te laat. Vir my klink dit onnnodig en amper implisiet in wat voorheen verskyn.

    Ek het hierdie gedig baie geniet.

    Chris


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: