Posted by: Robin Hawkins | June 24, 2010

Ko’ lat ons dans… soos poppe dans

Die vuvus poep hul dank vir stank

die hele landskap vol. Die mis die stink na braai.

Ons mense speel-speel als is grand en beega sirkel vet,

pryse daagliks vars gestel – gemeet teen eurodrang

en swanesang van span na span wat aftog blaas

hier uit ons dor arenas, terwyl die locals stadig

weer die lang aanpas aanpak – terug na honger

skrams skrams weggesuip so agter die gesang.

LET ASB OP die omruil van “stank” EN “dank, om die normale idioom op sy kop te draai. Dis duer ‘n vriend aanbeveel, en ek hou van die manier wat dit die beeld net soveel meer skerp sinies maak. Ek sou kommentaar hierop verwelkom.

Advertisements

Responses

  1. Hallo Robin,

    Welkom na Verskrit.

    Die tema hier is heeltemal op datum en ek dink die gewestaal styl pas daarby.

    Die enigste voorstel wat ek kan maak om die gedig te verbeter, is om dit miskien in strofe te plaas en te kyk na die reels op die huidige oomblik gebreek word – ‘n alternatiewe benadering vir jou te oorweeg is:

    Ko’ lat ons dans…soos poppe dans

    Die vuvus poep hulle stank
    vir dank, die hele landskap vol.
    Die mis die stink na braai.

    Ons mense speel-speel als is grand
    en beega sirkel vet,
    pryse daagliks vars gestel –
    gemeet teen eurodrang

    en swanesang van span na span
    wat aftog blaas, hier
    uit ons dor arenas
    terwyl die locals stadig

    weer die lang aanpas aanpak –
    terug na honger
    skrams skrams weggesuip
    so agter die gesang.

    Dankie dat jy die gedig hier geplaas het.

    Groete,

    Chris

    • Hi Chris, I don’t have an issue with the actual stanza structure. I like the number of “klemme” per line and it creates the right rhythm when reading – for me in any case. I noted the remarks by, I think, Buys, re the word “swanesang” and THAT is something I am still knocking about. Look, the fact that you took the trouble to look at the whole thing in some detail is in itself flattering, and I truly appreciate your comments. To me, though, as erstwhile musician and composer, the “music” of the verse (which need not be soothing muzak – please God, no) is of prime importance. I would lilke to think of most of my stuff as being declaimed.

  2. I enjoy the language expression you used. The way you’ve made the poem your own, by incorporating expressions of your own, regardless of “wat is opreg of nie”

    I speaks of an internal conversation or a conversation between people that understand and are part of or you are making them part of your world. Very real.

  3. Shit mar jy worry nie om a spade a spade te call nie my ou! Ek like dit eiuntlik. En ek like beega sirkel vet dit praat soos die mense praat en laat die poem werk mense verstaan die soort taal.Maar watse rubbish is eurodrang? Ek dink dis maar ‘n kak woord. Het jy dit opgemaak. Sit iets anders in.

    • AG dankie vir die. Dit was nog altyd vir my belangrik dat my vers sing in die tipe taal wat by die sogenaamde spreker in die konteks sou besig. Natuurlik is die feit dat ek Kaaps is ook ‘n faktor, en ek het nog altyd dit taal van die Kaap ontsettend liefgehad.

      “eurodrang” is wel tuisgebak. Maar ek wil die term behou. Twee redes: ‘n Gedrang van Europeers, en die jaag na die Euromark. Albei vir my van kern belang in die dekodering van die vers.

      Weereens dankie, Ek voel sommer welkom hier.

  4. Hi Robin. Thanks vir die kommentaar op my gedigte. Dit laat my dink …
    Hierdie gedig van jou maak nogal ‘n sterk statement. Jy gebruik die vuvus om die toneel te “set” en dan draai jy nie doekies om met kragwoorde soos “poep” en “stink”. Maar as al die lawaai verby is moet ons weer die werklikheid in die oë staar en die probleme met honger en drank bly maar by ons. Dis hoeka vir my of “swanesag” ‘n bietjie van ‘n cliche is. Is daar nie ‘n beter woord wat jy kan gebruik? En eks ‘n bietjie gepuzled met “agter die gesang”. Kan nie mooi uitwerrk wat dit beteken nie. Ek wonder of jy dalk wil aansluit by daai song van Adam Small, “Ko’ laat ons sing” in sy toneelstuk? Maar ek dink dis overall ‘n goeie gedig. Miskien kan jy kyk na die puntjies wat ek genoem het.

  5. This poem resonates with a uniquely South African voice and captures a vivid picture of reality returning after excess and jubilation. Brutal writing Robin.

    • My Friend Cindy. I thank you. Indeed it is brutal and that, as you probably surmise, is exactly the intention. So I take the remark as high praise, for which I thank you.

      • Haai Boykie. Wie de hel is Cindy??? Meen jy eintlik om met my te praat. Ass dit so is dan isdit OK. Dis lekker jy voel welkom hier. Dis die hele purpos van die blog. Gaan jy nog peoms opsit?

      • Cindy is ‘n ou blogmaat van Mynews24 af. Gesels….? Seker ja. Was nie my kernidee nie, maar ek gesels graag. Wou egter jou verse lees, want ek smaak jou “attitude”. Wil sien of die verse dieselfde houding toon.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: