Posted by: Robin Hawkins | July 7, 2010

Lauren se lied

Ek skulp my hart hier in jou ring

al weet ek al’s is menslik tydelik.

Ek sien daagliks jou uurwerk verder kantel,

tel die klokslae saans soos hul

hul IV-drup so stil stil leegsypel

hier in my agterkamer van gebed.

Maar huil die sal ek kan ek nie.

Ek skulp my hart hier in jou ring.

Die vers na aanleiding van die verlowing van ‘n terminale pasient.

Advertisements

Responses

  1. so te min woorde vir iemand wat deur pyn moet gaan. Ek besef dat elke mens se tyd naby is en dis slegs as iemand terminaal moet lei dat ons die tydjie saam hul spandeer en geniet. Om iemand terminaal deur ‘n siekte te verloor is erg genoeg en moet erken die woorde kom vat aan ‘n man. Ons wil nie huil nie net om pyn te wys nie. Moet se ek’s terug gevat na die Beeld van ‘n statige Grandfathers clock

  2. Wat ‘n pragtige beeld: “ek skulp my hart hier in jou ring”

    • Dankie, Krokodil. Ek delwe baie selde in “sentimentele” sake en was dus nogal huiwerig om die begrip aan te pak. Maar die pragtige liefde van die meisie het min keuse gelaat.

  3. Hey! Dis baie smart boykie! Dis sad maar nice. Dis te bad jy wil nie huil wantditsal baie help. Manse moet ner leer om te huil

    • Dis nie ek wat hier praat nie. Dis ‘n ongelooflike dapper vrou.

  4. Dis goeie reëls. Die pyn van die persoon wat die terminale vrloofde sien wegkwyn is baie sterk en treffend uitgebeeld. Ek dink ook “skulpo my hart in jou ring” is ‘n oorspronklike stelling. Goed gedoen!

    • Dankie Hofmeyer. Ekself hou nogal van die ene.

  5. Hi Robin. Hierdie gedig sit mooi aanmekar en maak ‘n sterk aanspraak op die emosies. Die nota aan die einde dat dit ‘n terminale pasient is help die leser om te verstaan. Die persoon skulp sy hart, anders ;pyn dit te veel. Ontroerend.

    • De Waal, die storie hieragter het my ontsettend opgebeur. Dankie vir die mooi woorde.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: