Posted by: skoonlief | July 8, 2010

Op ‘n afstand

 

            Versigtig snuif  jy die lug
luister aandagtig, sidder
en trek jou spiere styf.
Ek hou jou dop
sien jou naderkom,
             en wag.

             Met skrefiesoë
bek-lek en stertswaai jy
terwyl jy my dophou.
Vasgenael op ’n afstand
staan jy druipstert
               en wag.

               My hart is vol
klein spoortjies
wat jy getrap het,
toe jy laas hier was.

Oorspronklike weergawe:

Versigtig snuif jy die lug
luister aandagtig , sidder
en trek jou spiere styf.
Ek hou jou dop
sien jou naderkom,
              en wag.

            Met versluierde oë
en ‘n lyf wat vasgenael
is op een plek,
hou jy my dop.
Tydsaam kyk jy op
              en wag.

           My hart is vol
 klein spoortjies
 wat jy getrap het,
 toe jy laas hier was.

Advertisements

Responses

  1. Hallo Skoonlief

    Die gedig maak nou baie beter sin. Mens kan die gedrag van die jakkals (?) nou baie beter verstaan.

    Ek hou ook van die feit dat die veranderings in die tweede strofe die verhouding tussen die Spreker en die “jakkals” nou op ‘n meer geloofbare basis plaas.

    Daar is egter nog iets wat my hinder:

    “hou jy my dop.
    Tydsaam kyk jy op”

    Dit wil nie vir my heeltemal klop nie. As hy haar dophou, kyk hy seker vir haar. Maar dan sê die volgende reël dat hy opkyk?

    Kleinigheidjies:

    “aandagtig ,” – plasing van komma
    “skrefies oë” – eerder “skrefiesoë”
    “beklek” – eerder bek-lek

    Groetnis

    De Waal

  2. BAIE beter. Mens is altyd huiwerig om kritiek te lewer teenoor ‘n vreemdeling.

  3. Hallo Skoonlief

    Ek sal binnekort reageer op die veranderinge wat jy aangebring het. Maar ek vra ‘n gunsie: plaas asseblief die oorspronklike weergawe onderaan die huidge een en merk dit as sulks.

    Dit sal almal wat kommentaar wil lewer se taak baie vergemaklik. Dankie 🙂

  4. Aan De Waal ‘n groot dankie vir sy voorstelle .Robin en Izette, dankie vir julle insette.
    Ek sal kommentaar op die veranderinge waardeer.

  5. Yes!! Nou sê jy hulle my girl. Mans is ‘n spul jakhal;se. eintlik dink ek hulles muishonde. Maar. daar5 is darem een of twee nkice ous op hierie blog. Ek net ‘n bietjie geworried in jou poem juy lyk so vulnerable. Jy moenie ‘n victim wees nie eerder die een wat jag.

  6. Dankie De Waal . Ek heg graag die volgende kommentaari afkomstig van ‘n leser aan. Dit verbeeld wat ek met die gedig wou bereik.
    Die tipografie van die gedig kon ek nie geplaas kry nie en ek plak dit hier onder kommentaar.

    In “Op ’n afstand” word die man as ’n roofdier voorgestel met die vroulike spreker as sy prooi. Die woord “vasgenael” kry deur middel van die roofdier-metafoor ’n dubbele betekenis: “vasgespyker” én “met naels of kloue” op een plek bly staan. Die wedersydse huiwering blyk uit die omkeer van die rolle. In die eerste strofe is die vrou die een wat dophou en wag; in die tweede strofe is dit die man. Die tipografiese inkeping van die reël “en wag” suggereer die afwagting en spanning.. Die gedig eindig sonder dat die afloop vertel word. Dat die vrou deur die man gekwets is en ongeneë is tot ’n ontmoeting, kan wel uit die slotstrofe afgelei word. Die woorde “klein spoortjies” maak van die man ’n kleinerige roofdier, soos ’n jakkals. En almal weet dat ’n jakkals nie vertrou kan word nie.

    • Haai… My stuiwer: Jou “uitlegging” vir De Waal maak SIN, maar ek dink persoonlik dat De Waal heelwat baie goeie punte uitlig. Sure, die spel met “spyker” en “nael” is sinvol. Tog voel die woord vir my, soos De Waal dan tereg ook van “versluierd” se, geyk.

      Moenie verkeerd verstaan nie, asseblief. Ek hou nogal van die vers. Voel net dat hy dalk “oorgekunsteld” is. Die inkeping van die eerste reel, byvoorbeeld, voel vir my effe “pretentious”, waar jou spasies na “en wag” vir my pragtig werk.

      Ek beaam De Waal se laaste sin dus heeltemal.

  7. Hallo Skoonlief

    Dis ‘n baie leesbare liefdesgedig hierdie. Die Spreker in die gedig (kom ons neem aan dit is ‘n vrou) word “gejag” deur ‘n minnaar. Die minnaar word metafories aangebied as ‘n roofdier – miskien ‘n luiperd.

    Die gedig skets die spanning tussen jagter en “slagoffer” baie oortuigend.

    Die laaste beeld – my hart vol spoortjies getrap – is treffend (maar lees die kommentaar hieronder).

    Kritiek:

    1. Die beweging van die “luiperd” is ‘n bietjie verwarrend. Eers kom hy nader en dan is hy vasgenael. Hy hou dop, maar dan kyk hy weer op.

    2. Miskien is daar ‘n minder geykte woord as “versluierd”?

    3. Dit klink ook ‘n bietjie teenstrydig dat hierdie gevaarlike en groot dier “klein spoortjies” in die ander persoon se hart trap. Dit ontlont al die spanning en drama van die opwindende en “gevaarlike” aspekte van die liefde.

    Miskien kan jy werk aan die gedig en dalk heelwat verbeter?


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: