Posted by: Robin Hawkins | June 24, 2011

wolkop paradoks

wolkop paradoks

 

dis paradoks op grootse skaal

die hunker na my seun my bloed

my groot beloning vir ‘n afgesloofde lewe

die opbou van verwagting, uitasem wag

vir daardie skewekop klop

wat my hart so goed al ken

die min gesels om woorde

tussen ons onnodig en

nooit gedagtes presies afbaken nie

die min gesels omdat ons al

die pouses meer waardeer

omdat dit vir my lekker is

om my net in sy stiltes te kokon

soos in warm fluweel

 

en dan’s dit oor en hy is tydelik hier

en tydelik terug en die leemte sak

soos mis oor Tafelberg my hele wese toe

hoe is dit ooit die moeite werd

en tog hoe durf ek dit nog vra

hoe durf ek my ooit wegdraai

van daai klein oomblikkies geluk

al weet mens uit die staanspoor uit

dit gaan tog maar weer ent kry

kort voor lank om my te los

in skaduwee van behepte selfverdriet.

Advertisements

Responses

  1. ek sê dankie vir ‘n pragtige gedig ….laat my dink aan my verhouding met my pa …. wat altyd daar is om my te vang al maak ek baie droog of val ek hoe ver.

    ek hou van die kokon gedagte ….gee mens hoop en agwagting vir ‘n Skoenlapper en iets mooi wat gaan gebeur

  2. Veral hierdie is vir my besonders :
    ”..vir daardie skewekop klop

    wat my hart so goed al ken..”

    ”..om my net in sy stiltes te kokon..”

    – …’n Uitesonderlike band tussen vader en seun wat hier verweef word, daardie ”stille verstaan”, die tasbare afwesigheidsgevoel wat ervaar word, die eiening van bloed en identifisering as”geesgenoot”….Die beeld-omskrywings so treffend dat die gevoel van melancholie effektief aan die leser oorgedra word…Ek hou hiervan.

    groete
    ammiemoon

    • Ammiemoon, dankie. Aanvanklik was die eintlik so half ‘n weggooivers. Ek is vreeslik skugter wat betref die uitbeeld van sulke persoonlike emosie. Dit was in werkliheid eintlik ‘n brief aan my seun voor hy by my kom woon het. wetende dat hy dit 10 teen een nie sou verstaan nie, aangesien sy Afrikaans maar swak is. Dit het egter weer onlangs begin resoneer by my, ironies genoeg omdat ons hom in ‘n rehab moes plaas. Nou voel al die teerheid en rouheid net meer pertinent, en weerklink die versie dikwels in my ou grys kop.

      Jou insigte in my aanwending van woorde is vir my nogal interessant. Nice, onakademies, tog met begrip van die meer intellektuele aspekte. Ek dank jou weer.

  3. Klink voel vir my soos n pa wat sy lewe en verwagtinge deel met syseun
    en hom wil beskerm, daarom die verwysing na die wolkombers
    (toevou)

  4. Dankie De Waal. DIe nie ‘n nuwe vers nie, maar een wat ek uitgekrap het en wat tans weer pertinent geword het. EK neem aan dit gaan met jou goed?

  5. Hallo Robin.

    Die gedig tref mens as ‘n innig ervaarde situasie. Die vader en seun verhouding uit die oogpunt van die vader word goed beskryf.

    Beelde soos “mis oor Tafelberg” en “skewekop klop” gee die gedig lewe en help die leser om insig in die verteller se gemoedstoestand te kry.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: