Posted by: De Waal | June 26, 2010

Swedish poet

Spoor

Twee-uur in die oggend: maanskyn. Die trein staan

in die veld. Ver ‘n dorp se liggies

wat koud flikker teen die horison.

Soos wanneer jy so diep in ‘n droom wegsak

jy nie eers kan onthou jy was daar

wanneer jy terugkom nie.

Of wanneer jy so diep wegsak in ‘n siekte

dat jou dae ‘n swerm flikkerende spikkels word,

yl en koud teen die horison.

Die trein staan doodstil.

Twee-uur. helder maanskyn, yl sterre.

Vertaler: De Waal Venter

Spår

På natten klockan två: månsken. Tåget har stannat
mitt ute på slätten. Långt borta ljuspunkter i en stad,
flimrande kallt vid synranden.

Som när en människa gått in i en dröm så djupt
att hon aldrig ska minnas att hon var där
när hon återvänder till sitt rum.

Och som när någon gått in i en sjukdom så djupt
att allt som var hans dagar blir några flimrande
punkter, en svärm,
kall och ringa vid synranden.

Tåget står fullkomligt stilla.
Klockan två: starkt månsken, få stjärnor.


Tomas Tranströmer (born 15 April 1931 in Stockholm) is a Swedish writer, poet and translator, whose poetry has been deeply influential in Sweden, as well as around the world.

Tranströmer received his secondary education at the Södra Latin School in Stockholm and graduated as a psychologist from Stockholm University in 1956. He began writing at thirteen, and published his first collection of poems, 17 dikter (Seventeen Poems) in 1954. His latest collection, Den stora gåtan (The Great Enigma), was published in 2004, and an English translation of his entire body of work, The Great Enigma: New Collected Poems, was published in 2006. He published a short autobiography, Minnena ser mig (The memories are watching me), in 1993.

Other poets – especially in the “political” 70’s – accused him for being apart from his tradition and not including political issues in his poems and novels. His work, though, lies within and further develops the Modernist and Expressionist/Surrealist language of 20th century poetry; his clear, seemingly simple pictures from everyday life and nature in particular reveals a mystic insight to the universal aspects of the human mind.

Tranströmer and the American poet Robert Bly are close friends and their correspondence has been published in the book Air Mail.

In 1990, he suffered a stroke that affects his speech, but he continues to write. He has often been mentioned as a candidate for the Nobel Prize in Literature, and many consider him one of Sweden’s foremost poets. Tranströmer’s awards include the Bonnier Award for Poetry, the Neustadt International Prize for Literature, the Oevralids Prize, the Petrach Prize in Germany,the Golden Wreath of the Struga Poetry Evenings and the Swedish Award from International Poetry Forum. His poetry has been translated into fifty languages; Bly, Robin Fulton, and the prominent American blues writer Samuel Charters have translated his work into English.

In 2007, Tranströmer received a special Lifetime Recognition Award given by the trustees of the Griffin Trust for Excellence in Poetry, which also awards the annual Griffin Poetry Prize.

In addition to his work as a writer, Tranströmer was also a respected psychologist before he had his stroke. He worked in juvenile prisons, and with disabled, convicts, and drug addicts. He is also a good piano player, something he has been able to continue after his stroke, albeit with one hand.

http://tts.imtranslator.net/BJrv


Responses

  1. Dankie vir die verduideliking De Waal. Ek verstaan presies hoe moeilik dit is om letterlik van een taal na ‘n ander te vertaal. Dit is iets wat ek nou selfs ondervind, met party van my engelse gedigte wat ek in Afrikaans probeer vertaal. Soms moet die metafoor verander, om presies te verduidelik wat agter die vers skerm. En dan natuurlik, is daar nog die kwessie van ritme, ens. Die proses is heelwat ontwikkeld.

  2. Hallo De Waal,

    Ek kan nie kommentaar lewer op die Sweedse vertaling nie, want ek ken nie die taal nie, maar hierdie bly ‘n pragtige gedig soos dit nou in Afrikaans lees.

    Dankie dat jy dit hierso gepos het.

    Groete,

    Chris

    • Dankie Chris 🙂

      Ek is regtig bly jy hou van die gedig. Dit is ‘n groot uitdaging om reg te laat geskied aan ‘n gedig in ‘n ander taal. Hierby ‘n paar opmerkings oor die vertaling:

      Hierdie vertaling is in ‘n groot mate getrou aan die letterlike betekenis van die oorspronklike gedig, maar daar is sekere afwykings. Waar ek die gedig nie presies volgense die letterlike betekenis vertaal het nie, is dit om die Afrikaanse gedig tot sy reg te laat kom. Dit is na my mening ‘n poëtiese weergawe wat tog eindelik nader is aan die gees van die Sweedse gedig as wat ‘n letterlike weergawe sou wees.

      Voorbeelde:

      1. Som när en människa gått in i en dröm så djupt
      Letterlik: soos wanneer ‘n man so diep ingaan in ‘n droom

      Hier het ek verkies om die ervaring persoonliker te maak en “jy” te gebruik i.p.v. “man” of “persoon”. In Afrikaans sou dit stywerig klink.

      Ook “wegsak” i.p.v. die (in Afrikaans) neutrale “ingaan”.

      2. att allt som var hans dagar blir några flimrande
      punkter, en svärm,
      Letterlik: dat al sy dae ‘n klompie flikkerende vonke word, ‘n swerm

      My vertaling: dat jou dae ‘n swerm flikkerende spikkels word,

      Hier het ek die woordorde verander en “spikkels” i.p.v. die letterlike “punte” gebruik.

      3. kall och ringa vid synranden.
      Letterlik: klein en koud op die horison

      In plaas van die neutrale “klein” het ek “yl” gebruik. Ook “teen” die horison en nie “op” die horison soos dit letterlik sou wees nie. Ek het gevoel dat “op die horison” te ver is vir die gevoel wat mens kry vir hoe ver weg die dorp is.


Leave a comment

Categories